

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 September 2006
Een van die Buysdorp-gemeenskap se bekendste figure, ouma Sarina Bekker, is Maandag, 18 September, in die ouderdom van 105 jaar oorlede. Sy is dood nadat sy verlede Dinsdag na ‘n kort siekbed en verblyf in die hospitaal, ontslaan is.
Ouma Sarina was ‘n merkwaardige figuur, bekend as ‘n godvresende en besonder hardwerkende vrou. Tot onlangs toe nog kon sy haar Bybel sonder ‘n bril lees en haar gehoor was baie goed. Haar verstand was helder, haar geheue goed en sy kon nog met behulp van ‘n loopraam stap.
Die geboortedatum van ouma Sarina is nie heeltemal seker nie. Sy is op 2 of 6 Februarie gebore en sommige sê dat sy 105 jaar geword het, ander 104. Hoe dit ookal sy, ouma Sarina is in die tyd van die Anglo-Boereoorlog gebore en het gelewe tydens die twee wêreldoorloë.
Haar man Phillip, twee kinders, asook drie kleinkinders het haar reeds ontval. Ouma Sarina word oorleef deur vyf kleinkinders en meer as 20 agterkleinkinders.
Die begrafnis vind plaas op Saterdag, 23 September, om 09:00 vanuit die VGK Mara-gemeente en word waargeneem deur ds. Jan van der Westhuizen. Begrafnisgangers vertrek om 08:30 vanaf die huis.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
