ADVERTISEMENT:

 

Wyle Stefan Calitz (25). Foto verskaf.

Oud hoofseun sterf in ongeluk

 

News  Date: 30 March 2018

 

Louis Trichardt het hierdie week met groot hartseer verneem van een van sy oud-inwoners se afsterwe.

Die 25-jarige Stefan Calitz is Sondag dood in ‘n motorongeluk.

Stefan was ‘n oud-leerling van Hoërskool Louis Trichardt en die hoofseun van Laerskool Louis Trichardt in 2005 voor sy ouers, Johann en Marlene Calitz, albei geliefde onderwysers in die dorp, verhuis het.

Stefan is hier in Louis Trichardt gebore en was in Graad 8 toe pa Johann die pos as hoof aanvaar het by Hoërskool Nylstroom, waar Stefan gematrikuleer het. Johann is tans die hoof van Hoërskool Monument in Krugersdorp.

Volgens die Graaff Reinett Adverteiser was Stefan ‘n passasier gewees toe die bestuurder van die voertuig waarin hy op reis was beheer verloor het oor sy voertuig tussen die R43-pad tussen Elim en Gansbaai.

Ná skool het Stefan ‘n jaar gestudeer aan die Grootfontein Landbou Kollege in Middelburg, waarna hy voltyds by boerdery betrokke geraak het in die Karoo. Stefan was versot op die buitelewe, boerdery en jag en sy hart was in die Karoo, waar hy byna elke skoolvakansie deurgebring het op die familieplaas, Dowefontein.

Wyle Stefan is Donderdag vanuit die Gereformeerde Kerk in Aberdeen begrawe. Hy laat sy ma, Marlene, pa Johann en jonger sussie Linzetta agter.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines