ADVERTISEMENT:

 

Drie vermeende stropers se hofdatum kom nader

 

News  Date: 30 March 2018

 

Die nodige papierwerk is nog nie afgehandel in die saak teen die drie mans wat teregstaan op klagte van renosterstropery nie.

As alles volgens plan verloop, kan Deon van Deventer (48), Niklaas van Deventer (51) en Onward Muchagowa (41) later vanjaar hul dag in die hof kry.

Die drie mans het op Woensdag, 14 Maart, weer in die Louis Trichardt Streekshof verskyn.

Hulle is in aanhouding nadat hulle op 6 Januarie 2017 gearresteer is toe hulle glo ‘n afgesaagde renosterhoring in ‘n plastieksak ten tyde van ‘n polisiejaagtog op die Vivo-pad by hul bakkie se venster uitgegooi het. Hulle borgaansoek is in Mei 2017 van die hand gewys.

In die saak wat tans voor die Louis Trichardt Landdroshof dien, word daar vermoed dat al drie die mans verbind kan word met nog twee afsonderlike gevalle waar renosters doodgeskiet en gestroop is van hulle horings.

Tydens hulle laaste hofverskyning is die finale papierwerk afgehandel wat betref die drie mans se regsverteenwoordiging. Die mans se saak is uitgestel tot 20, 21 en 22 Augustus, sodat daar kan begin word met hul verhoor.

 

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines