

ADVERTISEMENT:

News Date: 29 September 2006
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle verantwoordelik was vir die aanval op ‘n 75-jarige boer van Morobeng (Soekmekaar), mnr. Bekka Penning, het Dinsdag, 22 September, in die hof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn.
Die drie, Daniel Ngati Letlalo (20) van Nthabasing, Jeffrey Masekela Morabi van Eislaben (32) en Godfrey Chauke (26) van Kwaaidraai, is aangekeer na die aanval op mnr. Penning op Sondag, 17 September. Verskeie vuurwapens asook R21 000 in kontant is geroof.
Tydens die aankeer van die verdagtes is ‘n vuurwapen, wat ook moontlik gesteel is, teruggevind.
Letlalo, Morabi en Chauke het met hul verskyning in die hof aansoek gedoen vir borg, maar hul aansoek is deur die Staat afgekeur. Hulle sal op Vrydag, 6 Oktober, weer in die hof verskyn. Intussen moet hulle regshulp bekom.

ADVERTISEMENT:
