ADVERTISEMENT:

 

Lang gras is tans besig om die munisipale begraafplaas in Louis Trichardt totaal te verswelg. Hierdie foto’s is twee weke gelede deur ‘n plaaslike besoeker aan die begraafplaas geneem. Die rede waarom die gras nie gesny word nie, is omdat die Makhado Munisipaliteit se masjiene stukkend is.

Gras besig om begraafplaas te verswelg

 

News  Date: 31 March 2018

 

Besoekers aan die munisipale begraafplaas in Louis Trichardt moet maar versigtig wees.

Buiten vir die misdaadgevaar, met talle inwoners wat die afgelope paar maande deur rowers daar oorval is, is slange en ander ongewenste gediertes ook tans ‘n probleem.

Die rede hiervoor is dat die gras nou al so lank is dat dit baie van die grafte totaal en al verswelg het. Meegaande foto’s is reeds voorverlede week deur ‘n besoeker aan die begraafplaas geneem. Bykans twee weke later is die gras steeds nie gesny nie.

Die Zoutpansberger het verlede week die Makhado Munisipaliteit versoek om te verduidelik waarom hulle nie meer die gras in die begraafplaas sny nie.

Munisipale woordvoerder mnr. Louis Bobodi het Dinsdag gereageer deur te sê dat hulle ernstige probleme het met stukkende masjinerie, waarvan sommige reeds aan die begin van die jaar onklaar geraak het. Dit kan dalk ook verduidelik hoekom lang gras ook elders in die dorp te sien is op munisipale persele.

Volgens Bobodi het die stukkende masjinerie veroorsaak dat hulle nie kan byhou met hul program van instandhouding in parke, ontspanningsareas en die begraafplaas nie. “Ons is besig om die probleme uit te sorteer,” het Bobodi gesê.

Hy het bygevoeg dat hulle nie ‘n afsonderlike span werkers het wat net na die begraafplaas omsien nie. “Die sny van gras hang af van die seisoen en tempo waarteen die gras groei. Dit is egter staande praktyk dat ons ten minste een keer per maand die gras sny. Ons het middel Februarie die gras laas gesny. As alles goed gaan, sal ons teen middel April weer kan sny,” het Bobodi gesê.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines