ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Willie Jacobs (88).

Ons Tuiste se minlike oom Willie oorlede

 

News  Date: 29 September 2006

 

Oom Willie Jacobs, beminde oud-inwoner van die dorp en ook een van die oudste manlike inwoners van Ons Tuiste, is verlede week ter ruste gelê.

Oom Willie is oorlede op 13 September in die ouderdom van 88 jaar. Hy sou verlede week 89 jaar oud geword het en is op 19 September vanuit die N. G. Kerk Louis Trichardt begrawe.

Oom Willie, gebore op 22 September 1917, het sy lewe lank in die Louis Trichardt omgewing gebly, buiten vir ‘n periode van agt jaar na sy vrou, Marie, se dood. Die egpaar was woonagtig op ‘n hoewe op die pad na Levubu. Hy het lank by Northern Motors gewerk waar hy gevorder het tot onderdele-bestuurder. Na aanleiding van sy puik werk is hy gekies om na die Skandinawiese eilande, Italië en Duitsland toe te gaan.

Ons Tuiste se inwoners onthou oom Willie as ‘n sterk en hulpvaardige persoon wie se hande vir niks verkeerd gestaan het nie. Baie take in die ouetehuis was sy verantwoordelikheid.

Tot ‘n paar jaar gelede het hy sy gereelde oggendstappie van ‘n hele aantal kilometers onderneem. In Februarie vanjaar het hy ‘n hartoperasie ondergaan en ‘n pasaangeër ontvang. Sy herstel was merkwaardig, maar hy het ‘n knou gekry met die onverwagte dood van sy geliefde skoonseun, mnr. Johan Louw, die voormalige eienaar van Rebels Take Away.

Die afgelope twee maande het sy gesondheid vinnig verswak en is hy in Ons Tuiste se siekeboeg aan hartversaking oorlede.

Wyle mnr. Jacobs word oorleef deur sy dogter, mev. Louise Louw, en sy seun en naamgenoot, mnr. Willie Jacobs. Hy laat drie kleinkinders na, mev. Marietie Louw-Carstens en mnre. Willem en Francois Jacobs, asook ‘n agterkleinkind, Klara.

Die familie bedank graag die personeel van Ons Tuiste vir die goeie versorging van hul vader en grootvader deur al die jare en in die besonder vir mev. Anna van der Merwe vir die laaste twee maande se intensiewe versorging. Verder word die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning met die afsterwe en begrafnis.

 

Written by

Linda van der Westhuizen

Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines