

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 October 2006
‘n Senior beampte van die Kutama Sinthumule Maksimum Sekuriteitsgevangenis buite Makhado (Louis Trichardt) het Woensdag in die plaaslike streekhof verskyn op klagte van verkragting.
Dit volg nadat die Direkteur van Openbare Vervolging wel besluit het om die senior SACM-beampte (South African Custodial Management) te vervolg. Die saak teen die beampte is aanvanklik deur ‘n plaaslike aanklaer uitgegooi, aangesien daar, volgens hom, geen redelike kans op ‘n suksesvolle vervolging was nie.
Die beampte word daarvan aangekla dat hy ‘n kollega in die parkeerterrein voor Safari Motors in ‘n motor verkrag het. Volgens inligting het die beampte nog nie gepleit nie en daarom kan sy naam nie bekend gemaak word nie. Die saak is uitgestel tot 1 November.

ADVERTISEMENT:
