

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 October 2006
Die stakers wat verlede jaar aangekla is van openbare geweld en intimidasie tydens ‘n staking by Limpopo Melkery in September 2005, se saak het Maandag, 2 Oktober, weer voor die hof op Makhado (Louis Trichardt) gedien.
Die saak spruit uit ‘n voorval waar arbeiders wat nie betrokke was by die staking nie, met klippe bestook is.
Die vyf beskuldigdes wat op klag van openbare geweld verskyn het, is Joyce Takalani Nkhumaleni (43), Douglas Fulufhelo Mulavhamu (29), Lucy Muwenda (33), Tshitereke Tshivhase (46) en Collson Tshiafhila (46). Die beskuldigde wat op ‘n klag van intimidasie verskyn het, was Phillemon Musweswe (42). Hy het na bewering ‘n faks aan die bestuur van Limpopo Melkery gestuur waarin hy gedreig het dat onskuldige bloed sal loop as die bestuur nie na die onderhandelingstafel kom nie.
Die vyf se saak is uitgestel tot 30 en 31 Oktober.

ADVERTISEMENT:
