

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 October 2006
Personeel van die Zoutpansberger en hul susterskoerant die Limpopo Mirror, het die afgelope naweek weer die kans gekry om skouers te skuur met van die top name in die bedryf tydens die jaarlikse Sanlam Toekennings vir Gemeenskapspers.
Die Sandton Konferensiesentrum in Johannesburg het vanjaar weer gasheer gespeel vir dié prestige geleentheid wat deur baie beskou word as die “Oscars” van die gemeenskapspersbedryf
Die Zoutpansberger en Limpopo Mirror het nie soos goed gedoen as vorige jare nie, maar dit was te verwagte. Na afloop van verlede jaar se Sanlam-toekennings het die mediateurs, Caxton, kommer uitgespreek oor die beoordelingskriteria van die kompetisie en gedreig om al hul publikasies te onttrek. Om hul deelname te behou is die beoordelingskriteria verander. Daar is weggedoen met talle afdelings, soos ondermeer die advertensieafdeling waarin die Zoutpansberger tradisioneel baie goed gedoen het.
Ten spyte hiervan het twee personeellede van die Zoutpansberger en Limpopo Mirror as onafhanklike koerante tog goed presteer. Andries van Zyl, nuusredakteur van die Zoutpansberger, het ‘n landswye sewendeplek ingepalm in die Harde Nuus-kategorie, met kollega Wilson Dzebu van die Limpopo Mirror in die agsteplek. Die Sanlam-kompetisie het vanjaar 900 individuele inskrywing gelok van 302 joernaliste wat 155 gemeenskapskoerante verteenwoordig het. Andries is ook na afloop van die Sanlam-kompetisie tydens die FCJ (Forum for Community Journalists) se algemene jaarvergadering op Saterdag, 30 September, verkies as die FCJ se provinsiale voorsitter in Limpopo. Die FCJ is ‘n nasionale organisasie wat hulself beywer om die belange en voortreflikheid van gemeenskapsperjoernaliste te bevorder deur ‘n nasionale program van diversiteit, ontwikkeling en groei. Die FCJ streef daarna om die geloofwaardigheid van sy lede in alle sektore van die Suid-Afrikaanse samelewing te vestig.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
