

ADVERTISEMENT:

News Date: 06 October 2006
“Ek hoop om Vrydag na Pietersburg oorgeplaas te word,” sê Dopper Kruger, bekende inwoner van Makhado (Louis Trichardt) en voormalige stadstesourier vanuit sy hospitaalbed in die Medikliniek op Potchefstroom.
Dopper, wat vroeg na Potchefstroom toe is om die Aardklop Kunstefees te gaan bywoon, word behandel vir ‘n gevoelige beenbreuk en longontsteking.
“Ek was in die stort, besig om af te droog, toe ek gegly en geval het,” het hy vandeesweek in ‘n telefoniese onderhoud gesê. Met die val het hy sy bo-been gebreek en met ontsettende pyn op die koue vloer bly lê. Hy is eers ná sowat drie ure daar gevind en gehelp.
Hy sterk nou nog aan en hoop om voor die naweek darem nader aan die huis te wees, wanneer sy behandeling in die Medikliniek in Polokwane voortgesit sal word.
Van sy voorgenome besoek aan die kunstefees het tot sy teleurstelling toe heeltemal niks gekom nie. Hy is ‘n getroue ondersteuner van die verskillende kunstefeeste.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
