ADVERTISEMENT:

 

Heidi-Lene Jonck (23) sterk tans aan in die hoë sorgeenheid. Foto verskaf.

Heidi-Lene se familie hoopvol op volkome herstel

 

Heidi-Lene Jonck (23) is die afgelope naweek ontslaan vanuit die intensiewe sorgeenheid en oorgeplaas na die hoësorgeenheid van die Polokwane Provinsiale Hospitaal.

Dit gaan elke dag ‘n bietjie beter met haar. Sy het ook nie meer ‘n verpleegster pal langs haar bed nodig nie.

Die Zoutpansberger het vroeër berig dat Heidi-Lene op Sondag, 11 Maart, saam met vriende by die Albasinidam baljaar en op ‘n binneband gery het wat agter ‘n boot gesleep is op die dam. Van die vriende het op ‘n stilstaande boot op die dam ontspan, terwyl ‘n tweede boot die binneband getrek het. Heidi-Lene is, toe die boot skerp weggedraai het, teen die agterkant van die stilstaande boot geslinger.

Heidi-Lene was vir amper meer as ‘n maand bewusteloos gewees. Sy is  onder sterk verdowing gehou sodat die swelling op haar brein kon afsak. Sy het ook gesukkel met asemhaling, en moes vir lank deur middel van ‘n suurstofbuis in haar keel asemhaal. Met die slag is Heidi-Lene se femur in die linkerbeen gebreek. Dié is intussen geopereer en met ‘n pen geheg.

 Dié buis is ook intussen uit Heidi-Lene se keel verwyder en sy haal nou met behulp van ‘n masker asem. Sy het ook Saterdag, nadat sy oorgeplaas is, al ‘n paar woordjies kon uitkry, maar nie te veel nie omdat haar keel nog baie seer was van die suurstofbuis.

Eers nadat Heidi-Lene heeltemal herstel het, sal daar ‘n diagnose gemaak kan word om te bepaal of sy permanent verlam aan haar linkerkant gaan wees. Haar familie is hoopvol dat sy volkome sal herstel, nadat sy al ‘n bietjie beweging getoon het in haar linkerhand.

News - Date: 21 April 2018

Recent Articles

Search for a story:

 
 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: