ADVERTISEMENT:

 

Twee vermeende ietermago smouse kry borg

 

News  Date: 28 April 2018

 

Die twee verdagtes wat vroeër in die maand glo op heterdaad betrap is met ‘n lewendige ietermago in hulle besit, is hierdie week borg toegestaan.

Tshifiwa Munzhelele (35) en Justice Musikwa (42) het Maandag in die Louis Trichardt Distrikshof verskyn op klagte wat verband hou met die besit van ‘n bedreigde spesie sonder die nodige permitte.

Die Zoutpansberger het vroeër berig van die mans se arrestasie. Hulle is glo op heterdaad betrap op Dinsdag, 10 April, deur lede van die Makhado Polisie. Die polisie het toe bevestig dat hulle op ‘n wenk gereageer het en toegeslaan het op die twee mans, voordat hulle die ietermago kon verkwansel binne-in die parkeerarea voor Checkers.

Dit is nog steeds nie duidelik vanwaar die ietermago vandaan gekom het nie.

Munzhelele en Musikwa is tydens hulle hofverskyning Maandag elkeen borg van R10 000 toegestaan. Radzilane het bevestig dat albei vrygelaat is, nadat hulle hul borg betaal het. Die twee se saak is uitgestel tot Vrydag, 25 Mei, wanneer hulle weer in die hof sal moet verskyn.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines