

ADVERTISEMENT:

News Date: 13 October 2006
Die drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle verantwoordelik was vir die gewapende roof by Isofo het Maandag weer in die hof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn.
Emmanuel Rmujiki (21) van Tshikota, Solly Maluleke (30) van Turfloop en Phillip Legoda van Seshego (21) is op Woensdag, 5 Julie, gearresteer na ‘n gewapende roof by Isofo in die dorp se industriële gebied.
Tydens hul verskyning in die hof is getuienis aangehoor van kapt. Nico Joubert en supt. Eddie van der Walt wat betrokke was by die arrestasie van die mans.
Kapt. Joubert het onder meer getuig dat hulle een van die rowers na arrestasie deursoek het en twee selfone, asook van die gesteelde geld by hom gekry het. Volgens kapt. Joubert het een van die verdagtes na sy in hegtenisneming hulle na ‘n boom in die bos geneem waar hy die handsak van een van Isofo se bestuurslede, wat tydens die roof gesteel is, versteek het.
Die saak teen die drie is na aanhoor van die getuienis uitgestel tot Dinsdag, 7 November, terwyl daar gewag word vir die uitslag van die ballistiese toetse wat as bewys ingedien kan word.

ADVERTISEMENT:
