ADVERTISEMENT:

 

Neutdiewe gaan bietjie tyd agter tralies spandeer

 

News  Date: 13 October 2006

 

Twee van die drie persone wat daarvan aangekla is dat hulle neute op ‘n plaas op Levubu gesteel het, is Vrydag (6de) in die plaaslike landdroshof skuldig bevind.

Die beskuldigdes, Petrus Budeli (76), Sefako Rabinda (76) en Emily Muntzhu (58), is op 11 Maart aangekeer, nadat ‘n patrolievoertuig van die plaaswag die voertuig waarin hulle op reis was as verdag by die polisie aangemeld het.

Hul voertuig is deur die polisie voorgekeer, waarna 12 sakke, wat elk sowat 50kg neute bevat het, in die voertuig gevind is. Dit was met die eerste oogopslag duidelik dat die neute pas vars gepluk was.

Budeli, wat aangekla is vir die besit van vermoedelik gesteelde goedere, is skuldig bevind nadat hy as die bestuurder en eienaar van die voertuig geïdentifiseer is. Hy is tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis wat in geheel opgeskort is vir drie jaar. Muntzhu is tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis waarvan agt maande opgeskort is vir ‘n tydperk van drie jaar. Beide se voorwaardes van die opgeskorte vonnis behels dat hulle hul nie weer binne die tydperk skuldig maak aan ‘n soortgelyke misdryf nie.

Rabinda is deur die hof onskuldig bevind nadat sy verweer geslaag het. Hy het aangevoer dat hy net saam met sy vrou gery het, aangesien dit nie in sy kultuur aanvaarbaar is vir ‘n getroude vrou om alleen saam met ‘n ander man te ry nie.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines