ADVERTISEMENT:

 

Man wat vriend doodslaan skuldig aan manslag

 

News  Date: 13 October 2006

 

Die 23-jarige Kgotlo Frans Meelo, wat aangekla is van die moord op sy vriend, het Dinsdag, 10 Oktober, skuldig gepleit op ‘n klag van strafbare manslag.

Meelo is daarvan beskuldig dat hy vir Titos Molobisi op Sondag, 2 April, vermoor het, nadat hy die oorledene met ‘n klip oor die kop geslaan het. Dit het gevolg na ‘n argument by Bandelierkop.

Die oorledene het na die hou inmekaar gesak, waarna omstanders hom probeer bybring het met water. Molobisi het egter vanweë die hou beswyk, waarna Meelo blykbaar in trane uitgebars het.

Meelo is na sy pleit van skuldig op ‘n klag van strafbare manslag gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar opgeskort is vir ‘n periode van vyf jaar, op voorwaarde dat hy hom gedurende dié tydperk nie weer skuldig maak aan ‘n soortgelyke misdryf nie.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines