

ADVERTISEMENT:

News Date: 20 October 2006
‘n Sewentienjarige seun het Maandag, 16 Oktober, in die streekhof op Makhado (Louis Trichardt) skuldig gepleit op klagte van roof en verkragting.
Die seun is daarvan aangekla dat hy meegedoen het aan die gewapende roof en verkragting van ‘n huishulp by ‘n huis in Petuniastraat waar hy as tuinier werksaam was.
Die 17-jarige het twee ander verdagtes gehelp om toegang tot die woning te verkry, waarna die huishulp vasgebind en verkrag is. Daarna is die huis van sowat R30 000 se goedere gestroop.
Alhoewel die seun skuldig gepleit het, het die hof besluit om vonnis uit te stel tot Woensdag, 15 November. Die seun se saak is in die streekhof en nie in die hooggeregshof aangehoor nie, omdat hy minderjarig is. Sy naam kan ook nie bekend gemaak word nie. Intussen is daar gevind dat die seun twee vorige veroordelings van huisbraak met die opset om te steel op sy rekord het.

ADVERTISEMENT:
