ADVERTISEMENT:

 

Armando se dood kom as groot skok

 

News  Date: 09 June 2018

 

Die nuus van die skielike dood van die 41-jarige Armando Bianco van Louis Trichardt het as ‘n groot skok gekom vir sy familie en vriende.

Armando het klaarblyklik Maandagaand sy eie lewe geneem. Die Makhado Polisie het bevestig dat hulle die voorval ondersoek, maar dat daar in hierdie stadium geen gemene spel vermoed word nie. Volgens die polisie het Armando homself glo ongeveer 21:00 opgehang by die woning wat hy met 'n vriendin gedeel het.   

In lewe was Armando veral geliefd vir sy energieke persoonlikheid en die Zumba-dansklasse wat hy aangebied het. 

Daar sal hierdie komende Sondag ‘n afskeidsdiens gehou word vir wyle Armando om 11:30 by die gedenkmuur van die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente (Haantjie Kerk) in Louis Trichardt.

 

Written by

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines