ADVERTISEMENT:

 

Annette Hattingh van Louis Trichardt met haar foon.  Haar WhatsApp toepassing is gekaap deur 'n kwaadwillige. Dit het haar genoop om die saak by die plaaslike polisie aan te meld.

Wees maar op die uitkyk vir daardie kuberkrakers

 

Deesdae moet ‘n mens nie net bontstaan vir kriminele wat jou wil skade berokken nie, maar ook vir kuberkrakers.

Digitale toestelle soos selfone, tablette en rekenaars word deurlopend en toenemend geteiken. 

Plaaslik het mev. Annette Hattingh deurgeloop toe ‘n kuberkraker haar WhatsApp toepassing gekaap het. Dinge was so erg dat Annette die Makhado Polisie gevra het om die saak te ondersoek.

Annette was so ontsteld dat sy haar ook na die koerant gewend het om ander inwoners te waarsku, sodat hulle meer paraat sal wees. In haar geval het sy onraad vermoed toe mense haar van plaaslike WhatsApp-groepies begin verwyder. Die administreerders van dié groepe het Annette daarvan beskuldig dat sy advertensies van mededingende besighede plaas op die verskillende groepe waaraan sy behoort.

“Aan die betrokke besighede wat hierdeur geraak is, dit is ongelukkig totaal buite my beheer. Indien daar weer sulke gevalle voorkom, vra ek dat ek gekontak moet word,” het Annette gesê.

Volgens Annette wil dit op die ander groepies voorkom of sy die boodskappe gestuur het, maar dat die boodskappe op haar foon nie as gestuur wys nie. Daar is ‘n sterk vermoede dat iemand met kwade bedoelings Annette se selfoon as 't ware gekaap het.

Die koerant het besluit om te gaan naslaan oor presies hoe veilig WhatsApp-boodskappe is, veral omdat WhatsApp hul gebruikers se boodskappe beveilig het met end-tot-end enkripsie. Dit behels dat, as jy die nuutste weergawe van WhatsApp op jou foon het, elke boodskap, oproep, foto en video wat jy stuur aan iemand slegs deur daardie persoon op sy foon gelees kan word. Tegnies gesproke het nie eens WhatsApp die vermoë om daardie boodskappe te onderskep en te sien nie.

Die Internet is wel vol raad oor hoe om iemand se WhatsApp te kaap, maar dit is baie onwaarskynlik dat dit is hoe dit gebeur het met Annette. Die vermoede bestaan, veral omrede die boodskappe van ‘n plaaslike oorsprong is en na ander plaaslike groepe gestuur word, dat iemand baie naby aan Annette haar wagwoorde in die hande moes gekry het.

“Ek rig ‘n versoek aan die persoon of persone wat hiermee besig is om dit onmiddellik te staak,” het Annette gevra. Sy het ook gewaarsku dat, indien die skuldiges nie onmiddellik ophou met hulle kwaadwilligheid nie, hulle uitgevang sal word deur die polisie en dat sy sal voortgaan om hulle dan aan te kla.

News - Date: 18 June 2018

Recent Articles

Search for a story:

 

Annette Hattingh van Louis Trichardt met haar foon. Haar WhatsApp toepassing is gekaap deur 'n kwaadwillige. Dit het haar genoop om die saak by die plaaslike polisie aan te meld.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: