ADVERTISEMENT:

 

Daar is gevrees dat dié boerboel dalk uitgesit moes word, en daarom is daar besluit om hom en 'n tweede boerboel in veilige bewaring te plaas.

DBV wend hul tot hof om honde te red

 

As honde kon praat, sou die twee boerboelhonde wat hierdie week deur die Louis Trichardt Diereberskermingsvereniging (DBV) gered moes word sekerlik oorgeloop het van dankbaarheid.

Die plaaslike DBV moes Maandag ingryp in ‘n saak waar twee boerboelreuns so verwaarloos is deur hulle eienaar dat dit gegrens het aan erge dieremishandeling. Skokkend genoeg is dié twee honde verlate gekry by ‘n huis in Skuldbult, Louis Trichardt se meer gegoede woonbuurt.

Volgens die DBV se senior inspekteur, Lawrence Khodobo, het ‘n anonieme beskermengel hom gevra om ondersoek in te stel na die welstand van die twee honde. “Ek was geskok toe ek die toestand gesien het waarin die honde aangehou was,” het Khodobo gesê. Hy het die honde verlede Woensdag by die huis gekry.

Een van die boerboele het vry buite rondgeloop, terwyl die ander in ‘n hok aangehou is. Al wat hulle gehad het vir kos was ‘n sak hondepille wat eenkant oopgesny gestaan het. Met Khodobo se besoek was die honde se waterbakke leeg. Die eienaars was nêrens in sig gewees nie. Volgens Khodobo het dit gelyk of daar ook nie regtig iemand in die huis woon nie.

Die boerboel wat in die hok toegesluit was, was vreeslik vermaerd en gedehidreer. Daar is eintlik gevrees dat die hond dalk van kant gemaak moes word. Dit is nog nie seker of hy dalk ook een of ander siekte onder lede het nie.

Khodobo het self vir die honde kos en water voorsien, en die bure gevra om seker te maak die kosbakke bly vol. Intussen het Khodobo ‘n poging aangewend om die eienaars van die honde op te spoor.

Wat Khodobo kon vasstel, is dat die eienaars van die huis glo oorsee is en die honde gelos het om die leë huis op te pas. Hulle het glo iemand gevra om van tyd tot tyd ‘n ogie te gooi en seker te maak die honde het kos.

Ná die naweek het die Khodobo egter besluit om daadwerklik in te tree. Hy het die plaaslike landdroshof genader vir ‘n lasbrief, sodat hy magtiging kon kry om beide honde in veilige bewaring by die DBV te plaas. Die lasbrief is onmiddellik toegestaan en die honde is teen Maandagmiddag in bewaring by die DBV geplaas.

Ingevolge wetgewing het die eienaars van die honde nou sewe dae tyd om te appelleer teen die hofbevel, maar Khodobo sê die kanse is skraal dat hulle die honde sal terugkry. “Net soos eienaars wetlik verplig is om behoorlik na hulle diere om te sien, so ook is dit die eienaars se plig om seker te maak dat hulle ‘n betroubare persoon kry om na hulle diere te kyk as hulle nie by die huis is nie,” het Khodobo gesê.

Khodobo het verder verduidelik dat dit nie vir die DBV ‘n plesier is om in sulke gevalle op te tree nie. “Ons verkies om ‘n pad saam met die mense te stap en hulle op te voed om beter na hulle diere te kyk,” het Khodobo gesê. “Maar in ‘n geval soos hierdie moet daar dadelik opgetree word ... dit was in die honde se beste belang,” het Khodobo gesê.

Intussen het die twee boerboele goed aangepas in hulle nuwe omgewing en word hulle deur al die plaaslike vrywilligers bederf en gevoer.

Lesers kan na 'n kort videogreep van die twee boerboele gaan kyk op www.zoutpansberger.co.za

 

News - Date: 18 June 2018

Recent Articles

Search for a story:

 

Die tweede boerboelhond, wat toegelaat is om vry rond te loop, se kondisie was beter as sy maat s'n. Nietemin is daar besluit om hom ook eerder in veilige bewaring te plaas.

Daar is gevrees dat dié boerboel dalk uitgesit moes word, en daarom is daar besluit om hom en 'n tweede boerboel in veilige bewaring te plaas.

Daar is gevrees dat dié boerboel dalk uitgesit moes word, en daarom is daar besluit om hom en 'n tweede boerboel in veilige bewaring te plaas.

Daar is gevrees dat dié boerboel dalk uitgesit moes word, en daarom is daar besluit om hom en 'n tweede boerboel in veilige bewaring te plaas.

 

ADVERTISEMENT

 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

Email: [email protected]

ADVERTISEMENT: