

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 September 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Inwoners van Sonop is gefrustreerd deur die gemors wat losloperhonde veral in die omgewing van Kameelstraat aanrig.
Volgens inwoners verskeur die honde gereeld die vullissakke wat op Dinsdae vir insameling uitgesit word.
Die plaaslike voorsitter van die Demokratiese Alliansie, mev. Marie Helm, het vandeesweek die kroniese probleem in ‘n mediavrystelling vermeld en ‘n beroep op hondeeienaars gedoen om hul honde te beheer.
“Dit is die goeie reg van mense om honde aan te hou. Met die hoë misdaadsyfer in ons dorp is ‘n goed opgeleide hond inderdaad ‘n huiseienaar se eerste verdediging en afskrikmiddel, maar dan moet die eienaars hulle kan beheer. Dit is baie moeilik vir munisipale werkers om hul werk te doen as rondloperhonde aanhoudend die vullissakke stukkend skeur. Dit beteken dat die werkers die gemors met hul hande moet opruim. Dit is nie aanvaarbaar nie.
“Kom ons beoefen ons reg om honde aan te hou met die nodige verantwoordelikheid. Pas jou hond op. Maak seker dat die hond binne jou erf bly en onder jou beheer is. So kan ons sommer terselfdertyd ons kant bring om ons dorp skoon te hou,” lui die verklaring.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
