

ADVERTISEMENT:

News Date: 27 October 2006
‘n Voormalige lid van die ontbinde Soutpansberg Kommando het Dinsdag, 24 Oktober, in die streekhof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op klagte dat hy versuim het om sy R1-aanvalgeweer waarmee hy destyds uitgereik is, terug te handig aan die Staat.
Izak Malan is deur ondersoekbeamptes geskakel, nadat hulle die lys van wapens wat ingehandig moes word by die kommandokantore nagegaan het en bevind het dat Malan nog nie sy R1 terugbesorg het nie. Malan is geskakel, waarop hy die ondersoekbeamptes meegedeel het dat die wapen veilig is sy wapenkluis staan en dat hulle die wapen moet kom haal.
Malan is kort daarna aangekla en het tydens sy verskyning in die hof die afgelope week skuldig gepleit op die aanklag teen hom. Die hof het Malan ‘n boete van R10 000 of 5 jaar gevangenisstraf opgelê. Malan is ook deur die hof onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit, maar hy het reeds aangedui dat hy teen die onbevoegdheidsvonnis gaan appelleer.

ADVERTISEMENT:
