ADVERTISEMENT:

 

Verdagtes in dubbelmoord op Hayward-egpaar weer in hof

 

News  Date: 03 November 2006

 

Twee van die drie Zimbabwiese mans wat daarvan aangekla word dat hulle verantwoordelik was vir die dubbelmoord op die Hayward-egpaar van die Mountain View Hotel in Oktober 2004, het Vrydag, 27 Oktober, weer in die hof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn.

Die twee, Themba Thomas Chirume (20) en Liberty Marumo (18), word saam met ‘n derde aangeklaagde, Jayson Muleya Chadhebha (25) wat tans in Zimbabwe is, ook van verskeie ander ernstige misdrywe aangekla. Dit sluit in huisbraak met die doel om te steel, huisbraak met die doel om te steel en ernstig te beseer, poging tot moord, moord, huisbraak met verswarende omstandighede, die onwettige besit van ammunisie en die onwettige besit van ‘n vuurwapen.

Chirume, ‘n voormalige werknemer van die vermoorde Hayward-egpaar, het na bewering deelgeneem aan die moord op die egpaar. Die rede waarom Chadhebha nie saam met die ander verhoor kan word nie, is omdat die Staat steeds sukkel om hom volgens ‘n uitleweringsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Zimbabwe uitgelewer te kry.

Die saak teen die beskuldigdes is uitgestel na Vrydag, 15 Desember, in afwagting op ‘n hooggeregshofdatum.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines