

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 November 2006
Die Staat het op Woensdag, 25 Oktober hul saak teen ‘n 35-jarige polisie-inspekteur van Alldays, insp. Asivhaga Baldwin Thavhakhu, in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) gesluit.
Thavhakhu word aangekla van roekelose of nalatige bestuur, opsetlike saakbeskadiging, die rig van ‘n vuurwapen onder die invloed en die hantering van ‘n vuurwapen onder die invloed.
Die klagtes spruit voort uit ‘n voorval op 4 Desember, 2005. Thavhakhu is deur lede van die plaaswag gekonfronteer, waarna hy na bewering probeer wegjaag het en in ‘n plaaswagvoertuig vasgery het. Hy is later weer voorgekeer, waarna hy na bewering sy dienspistool op lede van die plaaswag gerig het.
Beide die Staat en verdediging het hul saak verlede Woensdag gesluit, maar die hof het Thavhakhu se saak uitgestel na 8 November, sodat nog ‘n getuie geroep kan word. Uitspraak sal na afloop hiervan gelewer word.

ADVERTISEMENT:
