

ADVERTISEMENT:

News Date: 03 November 2006
Drie van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle verantwoordelik was vir die gewapende roof en dubbelmoord op twee RRS-sekuriteitswagte in April 2004, het die afgelope week weer in die landdroshof of Makhado (Louis Trichardt) verskyn.
Alex Mdingazwee (32), Nkosana Stanley Mofokeng en Menzi Felix Sibiya (42) word aangekla van gewapende roof, dubbele moord en poging tot moord. Dit spruit uit ‘n voorval in April 2004 waartydens twee sekuriteitswagte, Hendrik Putter (31) en Donovan Fortuin (28), in ‘n rooftog op die Witvlag-pad doodgeskiet is. ‘n Derde sekuriteitsbeampte, Phineas Masevela, is ernstig in die aanval gewond. Slegs sowat R7 000 is tydens die roof gebuit, asook die wagte se pistole. Die rowers het die mans in ‘n lokval ingelei. Die vierde beskuldigde in die saak, Kenneth Sibusisu Makhonjiva (29), het nie saam verskyn nie, aangesien hy tans elders in aanhouding is.
Die vier se saak is uitgestel en sal op Donderdag, 2 November, weer voorkom sodat Makhonjiva saam verhoor kan word.

ADVERTISEMENT:
