

ADVERTISEMENT:

News Date: 10 November 2006
Die omstrede Makhado/Louis Trichardt-naamsaak sal moontlik in die appèlhof aangehoor word in die eerste kwartaal van volgende jaar.
"Ons sal hopelik aan die einde van November hoor of ons ‘n verhoordatum in die appèlhof verkry het," het mnr. André Naudé van die plaaslike Voorsittersvereniging (VV) op 7 November gesê.
Vroeër in die jaar was daar groot afwagting dat die saak nog in die laaste kwartaal verhoor sou word, maar dit het nie op die rol verskyn vir die tydperk 1 tot 30 November nie. Daar sal weer aansoek gedoen word vir die inagneming van spesiale omstandighede om ‘n vervroegde datum te verkry.
Die VV het verlede jaar eenparig besluit om te appelleer teen die uitspraak wat op 8 September deur regter MK Legodi van die Hooggeregshof in Pretoria gelewer is. Regter Legodi het die VV se hofaansoek om die naamsverandering van die dorp na Makhado te hersien met koste van die hand gewys. Vanweë die nasionale belang van die saak is verlof tot appèl toegestaan en Legodi het besluit dat die saak direk na die appèlhof in Bloemfontein geneem kan word.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
