ADVERTISEMENT:

 

Verdagte in Fisser-moord weer in die hof

 

News  Date: 10 November 2006

 

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy verantwoordelik was vir die moord op mnr. Ben Fisser, asook ‘n string ander klagtes, se saak het op 20 Oktober weer voorgekom.

Lesley Manganye (22) het voor die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn, waarna sy saak weer uitstel is vir verdere ondersoek. Volgens die ondersoekbeampte is die ondersoek byna afgehandel. Daar moet nog net ‘n paar uitstaande verklarings gekry word.

Die klagte teen Manganye sluit in vyf klagtes van poging tot moord, moord en 40 klagte van huisbraak met die opset om te steel. Hy word ook met ‘n verdere 14 sake volgens sy vingerafdrukke verbind.

Manganye se saak is uitgestel tot Vrydag, 24 November. Sy saak sal heel moontlik na die Hooggeregshof verwys word.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines