ADVERTISEMENT:

 

Wyle mnr. Henning Viljoen (62).

Bekende weldoener skielik oorlede

 

News  Date: 17 November 2006

 

"Ek weet nie hoe ons sonder hom sal klaarkom nie," was vandeesweek die verbysterde reaksie van talle welsynsorga-nisasies op die nuus van Henning Viljoen se dood.

Dié bekende ouditeur, sakeman en gewilde weldoener is skielik aan ‘n hartaanval oorlede.

Henning praktiseer vir meer as 30 jaar op Makhado (Louis Trichardt) en het onlangs ook ‘n suksesvolle tak op Musina gevestig. Sy dienste was wyd in aanvraag en sy vriendelike geaardheid en meelewing het hom ‘n wye en waarderende vriendskapskring besorg. Sy gemeenskapsbetrokkenheid en hulpvaardigheid was uitstaande kenmerke.

Henning was nou betrokke by sport en onderwys en hy het ook op die kerkraad gedien. Hy was by talle bekend vir die gratis diens wat hy met welwillendheid aan welsynsorganisasies, die kerkgemeenskap en skole beskikbaar gestel het. Hy was ook voorsitter van die Bluegumspoort plaaswag.

Hy word oorleef deur sy eggenote en drie kinders.

Die begrafnis is Donderdag, 16 November om 10:00 vanuit die NG Kerk Louis Trichardt-gemeente.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines