

ADVERTISEMENT:

News Date: 17 November 2006
Sewe gewapende mans het vroeg Woensdagoggend die perseel van Soutpansberg Koelkamers binnegestorm en oomblikke later met ‘n groot hoeveelheid kontant op die vlug geslaan.
Die gewaagde roof het kort na 07:00 plaasgevind. Twee mans het deur die besigheid se sydeur ingestorm, terwyl drie reguit na die agterste kantoor beweeg het.
"Nog twee mans het ons sekuriteitswag buite gegryp en hom by my kantoor ingeforseer. Die wag het ‘n hou oor die kop gekry met ‘n pistool en ons is beveel om op die grond te lê," het mnr. Riaan Smit minute na die voorval vertel.
Mnr. Smit het gesê dat hy nie seker is hoeveel vuurwapens die mans by hulle gehad het nie, maar dat hy definitief twee pistole gesien het. Die mans was goed georganiseerd en het presies geweet wat om te doen en waar om te gaan. Die vermoede bestaan dat die roof lank vooruit beplan is.
Mnr. Smit wou nie ‘n aanduiding gee van hoeveel geld in die roof gebuit is nie. Hy sê dit was nie honderde duisende nie, maar dit was steeds baie geld.
Personeel kon ‘n beskrywing gee van twee voertuie wat tydens die roof voor die winkel was, ‘n wit Corolla en geel BMW. Alhoewel die polisie en lede van die Soutpansberg Dorpswag vinnig op die toneel was, het die rowers arrestasie ontglip. Plaaswaglede is ook geaktiveer om buitepaaie te monitor.
Teen druktyd was daar nog geen terugvoering van die polisie of iemand al in verband met die roof aangekeer is nie. Die vermoede bestaan egter dat dit dieselfde groep rowers kan wees wat ‘n paar weke gelede die Desai-familie by hul besigheid beroof het.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
