

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 November 2006
Alhoewel medici hom nie lank gegee het om te leef nie en baie die geleentheid gehad het om afskeid te neem van hom, het die nuus van mnr. Sakkie Scheepers (oftewel oom Sakkie) se dood die afgelope naweek steeds as ‘n skok gekom vir baie.
Oom Sakkie is Saterdagaand kort voor middernag oorlede. Hy is in September vanjaar met kanker gediagnoseer. Alhoewel dokters aanvanklik hoop gehad het dat behandeling sou help, is hy later meegedeel dat die kanker reeds te ver versprei het en dat daar niks meer was wat die medici vir hom kon doen nie. Oom Sakkie is huistoe gestuur met siekverlof met die nuus dat hy slegs ‘n paar maande oor het om te lewe.
Alhoewel reeds baie siek, het oom Sakkie tog kans gesien om ‘n paar weke gelede tog met die Zoutpansberger te gesels.
Alhoewel daar tydens die onderhoud probeer is om die onderwerp van dood te vermy, was dit oom Sakkie self wat skertsend opgemerk het: "Sê vir hulle geseënde Kersfees en ‘n voorspoedige Nuwe Jaar as ek julle nie weer sien nie!" Dit was in antwoord op ‘n vraag of hy graag iets vir die gemeenskap vir Louis Trichardt wou sê. Te midde van hoop het sy toestand egter dramaties agteruitgegaan die laaste paar weke en het die nuus van sy dood vir baie steeds te skielik gekom.
Oom Sakkie sal onthou word as iemand wat ‘n baie goeie sin vir humor gehad het. Hy was altyd gereed met ‘n grappie of twee. Tog, te midde van sy humorsin, was hy iemand wat sy werk baie ernstig opgeneem het en was hy baie goed daarin. As hooflanddros op Makhado (Louis Trichardt) vir die afgelope 12 jaar was daar bitter min mense wie se paaie nie met syne gekruis het nie. Hy was bemind, geliefd en ja, daar was ook die wat nie van hom gehou het nie, afhangend van watter kant van die beskuldigdebank jy gestaan het. Maar hoe dit ookal sy, oom Sakkie was ‘n lewende legende in die Departement van Justisie – ‘n departement waaraan hy 42 jaar verbonde was. Sy dood sal ‘n groot leemte laat.
Wyle oom Sakkie is Dinsdag vanuit die Gereformeerde Kerk op Louis Trichardt begrawe. Hy laat sy vrou, Riana, en kinders agter. Kort voor sy dood kon hy darem nog die geboorte van ‘n kleinkind ervaar.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
