

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 November 2006
Daar is verlede week ‘n lasbrief tot arrestasie uitgereik vir Liticia Elizabeth Venter (57), nadat sy versuim het om in die plaaslike landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) te verskyn.
Die saak teen Venter spruit uit ‘n saak waartydens sy na bewering net oor die R106 500 oor ‘n tydperk van 13 maande by haar werknemer gesteel het. Sy is na skuldigbevinding ‘n vonnis van ses jaar tronkstraf opgelê wat vir 5 jaar opgeskort is. Sy is verder beveel om die gesteelde bedrag in maandelikse paaiemente van R10 000 terug te betaal.
Venter het nooit begin met die betaling nie en moes verlede Vrydag (17de) weer in die hof verskyn. Sy het egter nie opgedaag nie en ‘n lasbrief vir haar arrestasie is uitgereik. Die hof sal ook aansoek doen vir die inwerkingstelling van haar opgeskorte vonnis wanneer sy weer in die hof verskyn.

ADVERTISEMENT:
