ADVERTISEMENT:

 

Twee jongelinge van Musina sterf in trompopbotsing

 

News  Date: 24 November 2006

 

Twee werknemers van Cargo Services op Beitbrug, Francios Venter (32) en Lizelle Schults (26), is op Vrydag, 17 November in ‘n trompopbotsing naby Naboomspruit oorlede.

Francois en Lizelle was onderweg na Johannesburg toe die voertuig waarin hulle op reis was buite beheer geraak het in ‘n hewige reënbui en met ‘n aankomende voertuig gebots het. Beide voertuie se insittendes is opslag dood.

Francois, ‘n oud-skolier van Hoërskool Eric Louw, sal onthou word as ‘n staatmaker. In sy matriekjaar het hy ook die trofee ontvang vir Staatmaker van die Jaar. Na matriek het hy eers by Standardbank gewerk en daarna by Cargo Services, die doeane klaringsagentskap te Beitbrug. Hy laat sy ouers, broer en ‘n suster agter. Lizelle, ook ‘n steunpilaar en reeds jare in diens van Cargo Services, laat haar ouers en twee broers agter.

Volgens mnr. Ian Cooper van Cargo Services het beide ‘n sleutelrol in die bedryf van die maatskappy gespeel as gewaardeerde en toegewyde werknemers. Hulle laat ‘n groot leemte by Cargo Services wat nie maklik gevul sal word nie.

 

Written by

Colleen van Staden

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines