

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 November 2006
Prof. Ben van der Waal, hoof van die Departement Biologiese Wetenskappe by die Universiteit van Venda (Univen), het voorverlede week weggestap met ‘n sertifikaat wat hy gewen het as provinsiale kandidaat vir die Landbouskrywers SA se jaarlikse Landboukundige van die Jaar-toekenning.
Dié eer het prof. Van der Waal te beurt geval tydens die Landbouskrywers SA se prysuitdelingsfunksie by die Boardwalk Konferensiesentrum in Port Elizabeth op 10 November. Hy is sedert 1986 verbonde aan Univen en is jare lank al gemoeid met visteelt. Hy doen intensiewe navorsing oor visbronne en is ook voorsitter van die Noordelike Akwakultuurwerkgroep, ‘n organisasie wat hulself ten doel stel om gepaste tegnologie vir intensiewe akwakultuur in sekere gebiede te vestig om sodoende vis te produseer.
Prof. Van der Waal het vroeër vanjaar as provinsiale kandidaat in bogenoemde afdeling deurgedring na die nasionale finale in Port Elizabeth. Ten spyte daarvan dat die afdeling gewen is deur mnr. Andrew Makenete (Gauteng), ‘n landbou-ekonoom en hoof van Absa AgriBesigheid, is prof. Van der Waal se prestasie steeds uitsonderlik. As provinsiale kandidaat het hy ‘n trofee gewen.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
