

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 November 2006
Twee Zimbawiërs het Vrydag, 17 November, in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn op klagte van moord.
Victor Fish (24) en Jameson Javangwe (25) word aangekla van die moord op Nicolus Mthombeni. Mthombeni, wat gearresteer is omdat hy in die publiek gedrink het, is dood na ‘n gewelddadige aanranding in die plaaslike polisieselle. Hy is na die aanranding na die hospitaal in Polokwane geneem, maar het later aan sy wonde beswyk.
Fish en Javangwe se saak is uitgestel na Maandag, 4 Desember, vir verdere verhoor in die streekhof.

ADVERTISEMENT:
