

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 November 2006
‘n Bekende en gewilde inwoner, sakeman en sportman van Musina, mnr. Johan Saayman, is aan malaria-verwante komplikasies oorlede. Hy was 45 jaar oud. Hy was ‘n lid van ‘n prominente gesin wat al vir meer as 40 jaar op dié grensdorp woon.
Die dorp en sy inwoners het vroeër vandeesmaand afskeid geneem van dié geliefde, hulpvaardige inwoner met sy veelsydige, aktiewe belangstelling in sport en in die buitelewe. Hy was ‘n ywerige gholfspeler en het ook aan wedlope en fietswedrenne deelgeneem. Hierbenewens was hy ‘n geesdriftige varswater- en seevishengelaar en professionele jagter, met besondere kundigheid oor die verdowing van wild en die teel van skoon buffels. Hy het gereeld opgetree as jaggids vir oorsese geweer- en boogjagters.
Johan was verbonde aan die ondernemings HiQ en Impala Diensstasie op Musina en het gedurende September ernstig siek geword aan malaria in Zimbabwe, waar hy eers behulpsaam was met die verdowing van ‘n kameelperd op ‘n wildsplaas en daarna aan ‘n tiervis-hengelbyeenkoms by Kariba deelgeneem het.
Die kameelperd moes verdoof word om dit uit ‘n strik te verwyder wat vermoedelik deur Zimbabwiese "oorlogsveterane" gestel is op ‘n wildsplaas in Zimbabwe.
Terwyl Johan later deelgeneem het aan die tiervis-hengelbyeenkoms by Kariba, het hy ernstig siek geword en hy moes inderhaas afgevoer word na die hospitaal op Musina. Spesiale reëlings is vooraf getref om sy deurgang by die Beitbrug grenspos te bespoedig. Hy is op Maandag, 25 September op Musina opgeneem, vanwaar hy die volgende dag reeds oorgeplaas is na die intensiewe sorgeenheid van die hospitaal in Pietersburg.
Hy het op 4 November aan malaria-verwante komplikasies gesterf.
Die begrafnisdiens is op 9 November deur ds. Kotze in die NG Kerk op Musina behartig. Johan is begrawe by Maselele Game Lodge, die plaas van sy ouers, doktor en mevrou Saayman.
Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

ADVERTISEMENT:
