ADVERTISEMENT:

 

Vier aangekla in Marcos-aanval

 

News  Date: 24 November 2006

 

Die vier verdagtes wat aangekeer is na die skietvoorval en poging tot roof van die Marcos-egpaar op Saterdag, 29 April, het Vrydag, 17 November, weer in die hof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn.

Adam Masidwali (34), David Mabada (35), Frans Netshiombori (26) en Christopher Goazwana (32) is kort na die voorval, waarin een van die verdagtes gewond is, aangekeer. Dit het gevolg nadat die Marcos-egpaar na toemaaktyd by hul besigheid op pad na hul woning op die Roodewalpad aangeval is.

Masidwali, Mabada, Netshiombori en Goazwana se saak is weer uitgestel tot Vrydag, 15 Desember, om die ondersoekbeamptes die kans te gee om die ondersoek af te handel.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines