ADVERTISEMENT:

 

Van die hordes visse wat in Oktober vanjaar skielik begin vrek het in ‘n munisipale dam onderkamp die uitloop van die oorlaaide munisipale rioolsuiweringswerke.

Toetse wys insekdoder het visvrektes veroorsaak

 

News  Date: 01 December 2006

 

Die grootskaalse vrektes van vis in ‘n dam onderkant die munisipale uitvalwerke in Makhado (Louis Trichardt) is veroorsaak deur ‘n chemiese insekdoder in die water.

Die streeksdirekteur van die Departement Waterwese en Bosbou in Polokwane, mnr. Madukani, het verlede week by navraag gesê pogings is nog aan die gang om vas te stel presies watter insekdoder ter sprake is en hoe dit in die damwater beland het.

Mnr. Madukani se verklaring kom na etlike weke se gegis en bespiegelings oor die visvrektes en ‘n aanvanklike totale amptelike stilswye oor die uitslag van toetse op watermonsters wat by die dam geneem is.

Munisipale en departementele woordvoerders het navrae oor die aanvanklike uitslag van die toetse deurentyd ontwyk. Aanvanklik is aangedui dat die voorlopige departementele uitslae nie bekend gemaak kan word nie, hangende die uitslag van toetse in ‘n onafhanklike private laboratorium, waar die toetse vertraag is deur tegniese probleme.

Selfs nadat die onafhanklike toetsuitslae bekend was, kon dit nog steeds nie bekend gemaak word nie, omdat daar, volgens ‘n betroubare bron, nog ‘n bykomende onafhanklike mening afgewag is.

Toe die direkteur regstreeks genader is oor die aangeleentheid, het hy aangedui dat die voorkoms van ‘n insekdoder in die betrokke dam buitengewoon is en dat verdere, uiters delikate en tydrowende toetse nodig sal wees om vas te stel presies watter soort insekdoder betrokke is.

Die aanvanklike vermoede was dat die visse gevrek het aan skadelike bakteriese infeksie weens die uitlaat van rou riool by die finale uitvloei van die oorbelaste suiweringsaanleg by die dorp se uitvalwerke. Die uitvloei voed die ondergrondse water vanwaar boorgate drinkwater vir munisipale gebruik aan die dorp lewer.

 

Written by

Frans van der Merwe

Frans van der Merwe is a freelance journalist with more than 40 years experience in the newspaper industry. Apart from newspaper reporting, he was also involved with radio news, news reading, training and marketing. He has been living and working in Louis Trichardt since 1991.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines