ADVERTISEMENT:

 

Polisie se bevoegdheid bevraagteken

 

News  Date: 01 December 2006

 

Die kwessie rondom polisiebeamptes se bevoegdheid om hul werk te doen het die afgelope week weer onder die soeklig gekom.

Dit volg na ‘n insident op Maandag, 20 November, toe ‘n poilisiebeampte nie geweet het wat om te doen nadat ‘n beweerde koperkabeldief vasgetrek is.

Na inligting vanaf die publiek ontvang is, het die polisiebeampte die toneel besoek waar gestroopte koperkabelomhulsels gevind is. Terwyl hy saam met lede van die publiek daar was, het hulle op ‘n man afgekom waar hy besig was om koperkabel skoon te brand. Die polisiebeampte het die man ondervra wat homself as ‘n munisipale werker geïdentifiseer het. Die beweerde munisipale werker het die polisieman meegedeel dat hy nie die kabel gesteel het nie, maar in ‘n asblik gekry het. Die polisiebeamte het toe die man laat gaan en dit was eers nadat daar aan hom uitgewys is dat hy nie sommer enige storie moet glo nie, dat hy aangedui het dat hy nie weet wat om te doen nie. Terselfdertyd het daar ‘n jong seun met ‘n sak, waarin daar ook fyn koperdraad was, verby gestap. Die polisieman het die seun laat gaan, maar later toe die man wat sit en koperdraad brand het, in die vangwa gelaai.

Provinsiale polisiewoordvoerder senior supt. Motlafela Mojapelo, is hierdie week gevra om te reageer op die beweringe dat sekere polisiemanne onbevoeg is om hul werk te doen. Mojopelo het gesê dat polisiebeamptes in ‘n huidige toestand van regstellende aksie slegs poste beklee indien hulle weet hoe om hulle werk te doen en wat van hulle verwag word. Hy is van mening verlede week se insident is ‘n voorbeeld van tekortkominge by polisiebeamptes se opleiding.

Mojapelo sê huidige polisieopleiding is baie doeltreffend. Hierdie situasie het verander van ‘n paar jaar gelede. Polisiebeamptes wat nou hul opleiding voltooi, moet eers ‘n jaar op ‘n proefbasis werk, alvorens hul volwaardige polisiebeamptes word. Wat bestaande polisiebeamptes betref, sê Mojapelo dat tekortkominge geïdentifiseer word en dat lede vir opvolgkursusse gestuur word.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines