ADVERTISEMENT:

 

Fisser-verdagtes wil weet waarom hy in hof is

 

News  Date: 01 December 2006

 

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy verantwoordelik was vir die moord op mnr. Ben Fisser in April vanjaar, die 22-jarige Lesley Mashengete, wou Vrydag, 24 November, weet waarom hy in die hof moet verskyn.

Mashengete, wat aangekla word van ‘n string klagte wat strek van huisbraak en diefstal, tot poging tot moord en moord, wou van die voorsittende beampte in die saak weet waarom hy nou eintlik in die hof moet verskyn. Dit volg nadat sy saak tydens ‘n vorige verskyning na Vrydag uitgestel is. Hy het ook ‘n klompie koerantuitknipsels vir die landdros in die saak gestuur wat oor sy saak handel. Hierna is Mashengete na die aanhoudingselle teruggestuur, waarna hy versoek het om met die ondersoekbeampte in die saak te praat.

Mashengete se saak is uitgestel tot 12 Januarie volgende jaar in afwagting vir ‘n beslissing deur die Direkteur van Openbare Vervolging.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines