ADVERTISEMENT:

 

Groot opgewondenheid het verlede week geheers onder die personeel en dokters met die uitvoer van hul eerste operasie, ‘n keisersnit, by die Zoutpansberg Privaat Hospitaal. Teaterfasiliteite is nou beskikbaar by die hospitaal.

Uiteindelik ‘n eie privaat hospitaal

 

News  Date: 08 December 2006

 

Na etlike jare se baklei kan Makhado (Louis Trichardt) uiteindelik nou spog met ‘n volwaardige eie privaat hospitaal.

Die Departement van Gesondheid het uiteindelik finale toestemming gegee aan die Zoutpansberg Medical Centre om as privaat hospitaal te funksioneer. Dié sentrum, op die hoek van Celliers- en Joubertstraat, sal ook nou voortaan bekend staan as die Zoutpansberg Privaat Hospitaal.

Die gebou waaruit die Zoutpansberg Medical Centre bedryf is, het ook die afgelope paar maande dramaties uitgebrei in afwagting op die opening van die privaat hospitaal. ‘n Totale nuwe vleuel is aangebou en die hospitaal beskik oor 22 beddens. Daarbenewens spog die hospitaal ook uiteindelik met ‘n eie teater met die eerste operasies wat reeds verlede week gedoen is.

‘n X-straal afdeling word ook by die privaat hospitaal gehuisves, terwyl Du Buisson’s se laboratorium vanaf hul perseel in Krugerstraat na ‘n gebou direk aangrensend tot die hospitaal verskuif het. Die gebou word van die hospitaal gehuur.

Die gebou waaruit die privaat hospitaal bedryf word, uitgesluit die nuwe aanbouings, spog met ‘n ryke geskiedenis. Die huis is gebou deur ene Johny van Breda. Dit was die eerste kraaminrigting op Louis Trichardt, nadat dit deur die SAVF in September 1949 vir dié doel aangekoop is. Dit was arm tye en die inrigting het baie ma’s wat in finansiële moeilikheid verkeer het, bygestaan. In daardie stadium het die Louis Trichardt Gedenkhospitaal nie ‘n kraaminrigting gehad nie. Mens wonder hoeveel mense sal nog vir suster Celia Nel onthou wat by die inrigting werksaam was. In September 1970 het die kraaminrigting gesluit, na ‘n kraaminrigting by die Gedenkhospitaal aangebou is.

‘n Volledige bylaag oor die geskiedenis van die huis, tot met die totstandkoming van die privaat hospitaal vandag, word deur die Zoutpansberger beplan vir vroeg volgende jaar. Die koerant benodig ou foto’s van die huis, asook wie daar gebly het deur die jare en selfs wie almal werksaam was by die ou kraaminrigting. Inwoners wat kan help kan vir Andries van Zyl skakel by tel. (015) 516 4997 gedurende kantoorure.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines