ADVERTISEMENT:

 

Vrae oor grafstene wat verdwyn

 

News  Date: 08 December 2006

 

Booswigte het die naweek van Saterdag, 2 Desember, die grafsteen van wyle Hendrik Putter vanaf sy graf in die munisipale begraafplaas gesteel.

Die diefstal van die grafsteen het die familie, wat die graf gaan besoek het, erg ontstel.

Die Zoutpansberger is van die voorval ingelig, waarna daar eers met mnr. Masindi Mapholi, die munisipaliteit se Direkteur: Tegniese Dienste, geskakel is om uit te vind oor beheermaatreëls by die begraafplaas. Die afgelope paar maande was daar telkens gevalle waar grafte geplunder of beskadig is. Die koerant is egter verwys na mnr. Freddy Mamuremi, ‘n bestuurder in die betrokke departement.

Mamuremi het aangedui hy weet van die diefstal, aangesien ‘n familielid van die oorledene by die munisipaliteit werksaam is.

Volgens Mamuremi het die munisipaliteit reeds begroot vir die opknapping van sekuriteit by die begraafplaas, maar dat hulle nog wag vir goedkeuring van die nasionale regering se Munisipale Infrastruktuurfonds. Hierdie gewag is volgens Mamuremi een van hul grootste kopsere en hulle moet vordering op ‘n gereelde basis monitor. Hy sê hul hande as munisipaliteit is afgekap, totdat goedkeuring ontvang word.

Dit is nie bekend waarom booswigte ‘n grafsteen sal steel nie, maar daar is ‘n vermoede dat dit vir ‘n ander persoon gebruik gaan word. Die bestaande grafskrif word blykbaar net afgeskuur en nuwe grafskrif word aangebring.

 

Written by

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines