

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 December 2006
Makhado (Louis Trichardt) se omstrede naamsaak word op 19 Februarie volgende jaar in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor.
Die saak is van nasionale belang en daarom word die saak direk in die appèlhof aangehoor sonder tussenverhore, nadat die saak in September verlede jaar in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor is. Die saak sou as ‘n voorbeeldsaak beskou kon word.
Volgens die voorsittersverslag van mnr. André Naudé wat op 28 November tydens die Voorsittersvereniging (VV) se algemene jaarvergadering gelewer is, het die voorbereidings vir die naamsaak ook hierdie jaar die meeste van die VV se tyd in beslag geneem.
Die naamsverandering van Louis Trichardt na Makhado is op 6 Junie, 2003, in die Staatskoerant gepubliseer waarna die Voorsittersvereniging (VV) binne die 30 dae beswaartyd die stukke ingedien het met die motivering van die besware. Die hoofbesware het gehandel oor die gebrek aan konsultasie tydens die proses, die naam "Makhado" wat ‘n verdelende faktor kan wees en die koste-implikasie.
Op 8 September, 2005, is die VV se hofaansoek om hersiening van die naamsverandering na Makhado deur Regter MK Legodi met koste van die hand gewys. Die VV het appèl aangeteken teen die uitspraak, waarna verlof tot appèl toegestaan is.
Onder die ander sake waaraan die VV aandag gegee het, tel onder meer die borsbeeld van Louis Trichardt wat tans in die Makhado Munisipale Biblioteek uitgestal word, vergaderings met veiligheidspolisielede, deelname aan die hersoneringswetgewing en deelname aan die grondbelastingdebat.
Linda van der Westhuizen has been with Zoutnet since 2001. She has a heart for God, people and their stories. Linda believes that every person is unique and has a special story to tell. It follows logically that human interest stories is her speciality. Linda finds working with people and their leaders in the economic, educational, spiritual and political arena very rewarding. “I have a special interest in what God is doing in our town, province and nation and what He wants us to become,” says Linda.

ADVERTISEMENT:
