

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 December 2006
‘n Jong man het op Woensdag, 6 Desember, in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) op aanklagte dat hy ‘n polisiebeampte aangerand het.
Fulufhelo Mutobvu (23) word beskuldig van aanranding van ‘n polisiebeampte, nadat hy hom op Saterdag, 25 November, na bewering teen arrestasie verset het. Mutobvu was glo besig om in die publiek te urineer toe polisiebeamptes hom probeer in hegtenis neem het.
Mutobvu het tydens sy verskyning in die hof die betrokke twee polisiebeamptes gesmeek om hom te vergewe. Die polisiebeamptes het hom vergewe, maar die hof het hom steeds ‘n R500 boete ter erkenning van skuld laat betaal.

ADVERTISEMENT:
