

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 December 2006
Die vier verdagtes wat verbind word met die RRS-roof, waartydens twee sekuriteitsbeamptes doodgeskiet is, se saak is uitgestel tot Vrydag, 12 Januarie 2007.
Die vier verdagtes, Kenneth Makonjiva (29), Alex Madingazwee (32), Stanley Mofokeng (42) en Menzi Sibiya, word onder meer aangekla van dubbele moord, poging tot moord en gewapende roof.
Die saak spruit uit ‘n voorval in April 2004 toe twee sekuriteitsbeamptes, Hendrik Putter (31) en Donovan Fortuin (28), in ‘n rooftog op die Witvlag-pad doodgeskiet is. ‘n Derde sekuriteitsbeampte, Phineas Masevela, is ernstig in die aanval gewond.

ADVERTISEMENT:
