

ADVERTISEMENT:

News Date: 15 December 2006
Die drie verdagtes wat na bewering verantwoordelik was vir die aanval en gewapende roof by die Beja Hengeloord op Vrydag, 12 Mei vanjaar, het op Vrydag, 10 Desember, in die landdroshof op Makhado (Louis Trichardt) verskyn.
Die drie verdagtes, Levy Baloyi (30), George Nkhinika (20) en George Baloyi (21) van Valdezia, word onder meer aangekla van gewapende roof en poging tot moord. Tydens die roof is verskeie items soos ‘n selfoon, bankkaarte, voertuig en sekuriteitsheksleutels, asook ‘n R1 000 gebuit.
Die drie verdagtes is later aangekeer, kort nadat hulle die plaas van mnr. Willie Malan, ook in die Beja-omgewing, geteiken het op Dinsdag, 27 Junie. Tydens dié roof is goedere en kontant van amper R37 000 gesteel. Die klag van poging tot moord spruit uit die aanranding van mnr. Malan.
Die drie mans se saak is uitgestel tot Vrydag, 12 Januarie, 2007.

ADVERTISEMENT:
