ADVERTISEMENT:

 

Rowers buit duisende voor bank in hoofstraat

 

News  Date: 22 December 2006

 

Drie gewapende mans het Maandagmiddag toegeslaan op ‘n sekuriteitswag van Coin Sekuriteit, terwyl hy besig was om geld by ABSA Bank op die hoek van Songozwi- en Kroghstraat in Makhado (Louis Trichardt) af te laai.

Drie verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld op die vlug geslaan.

Volgens kapt. Mashudu Malelo, area woordvoerder van die polisie, het die drie mans die sekuriteitswag genader, terwyl hy besig was met die geldtrommels. Hy is met ‘n pistool aangehou en beveel om die geldtrommels te oorhandig.

Kort nadat die mans die geldtrommels gegryp het, het hulle op die vlug geslaan met ‘n blou Corsa bakkie met ‘n GP-registrasienommer.

Teen druktyd was die polisie steeds op soek na die verdagtes. Alhoewel daar kort na die roof gepoog is om die mans in die dorp in te hok, was die poging onsuksesvol. Daar was ook sprake dat die bakkie inderdaad nooit die dorp verlaat het nie, maar dit kon nie deur die polisie bevestig word nie

Kapt. Malelo sê hy is dankbaar dat niemand tydens die roof beseer is nie. Hy het lede van die publiek versoek om na vore te kom met inligting wat kan help om die booswigte aan te keer. Die roof was die tweede in ‘n kwessie van drie dae in Makhado (Louis Trichardt). Die ander roof was Saterdag by Hardware City in Eltivillas. Rowers het ook verlede week ‘n onbekende bedrag geld gebuit tydens ‘n gewapende roof by Buyer’s World. ‘n Groen Volkswagen Golf is tydens dié roof gebruik.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines