

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 December 2006
Gewapende rowers het Saterdag net meer as R30 000 gebuit tydens ‘n roof by Hardware City in Makhado (Louis Trichardt).
Volgens kapt. Mashudu Malelo, woordvoerder van die polisie se Vhembe Streek, is die rooftog deur vier gewapende mans uitgevoer. Hy het aan die Zoutpansberger vertel dat die vier mans na bewering gemaak het asof hulle kliënte is wat iets in die hardeware winkel wou koop.
Een van die mans het ‘n pistool uitgeruk en ‘n 36-jarige Indiërman daarmee gedreig.
Die ander drie mans het toe hulle pistole uitgepluk en die kassiere beveel om die geldlaai leeg te maak en die geld vir hulle te gee. Die kassiere is daarna na ‘n kantoor geneem waar nog geld oorhandig moes word.
Die rowers het kort hierna gevlug en die polisie is ontbied. Niemand het egter gesien in watter rigting die booswigte verdwyn nie of in watter voertuig hulle op reis was nie. Lede van die publiek is versoek om na vore te kom met inligting wat kan help om die booswigte vas te trek.

ADVERTISEMENT:
