

ADVERTISEMENT:

News Date: 22 December 2006
Lede van die Soutpansberg Dorpswag het verlede week hul gewig ingegooi by die TLU SA se Operasie Harde Vuis gedurende die Kerstydperk.
Die hoofdoel van die oefening is om landelike veiligheid op te skerp deur sigbare patrolering op ‘n provinsiale skaal vanaf Warmbad noordwaarts.
"Die doel is nie om die werk van die SAPD oor te neem nie, maar waar moontlik, die hande van die SAPD te versterk en sigbaarheid op die platteland te verhoog," was mnr. Dries Joubert, voorsitter van die TLU SA Noord, se woorde met die loods van die operasie.
As deel van die operasie is sleutelroetes en -paaie in die Soutpansberg Distrik deur Plaaswaglede en die bekende Groen Lig-patrollies gepatrolleer. In Makhado (Louis Trichardt) het lede van die Soutpansberg Dorps beide Donderdag- en Vrydagaand vanaf 19:00 tot 22:00 die dorp se hoof in- en uitgangsroete beman. Wit flitsende ligte was orals te sien in die dorp, terwyl daar ook met die gewone buurtwagpatrollies voortgegaan is. Die dorpswag is tans in ‘n oorgangsfase vanaf die omstrede groen ligte na wit ligte. Alle partye wat by die oefening betrokke was, was deurlopend in radioverbinding met mekaar en aksie is goed gekoördineer.
Terugvoer vanaf die publiek tydens en na afloop van die operasie was baie positief. Die Dorpswag-organiseerders het hul opregte dank uitgespreek teenoor alle dorpswaglede wat hul tyd en energie die twee dae opgeoffer het vir deelname aan die operasie. Groot dank is ook uitgespreek teenoor dorpswaglid Hannetjie Stadler wat nie net self ook ‘n punt beman het nie, maar beide dae toegesien het dat lede nie honger langs die pad staan nie. Beide dae het sy worsbroodjies vir elke lid op elke punt gebring, asook ‘n blikke Coke vanaf Coca-Cola Fortune.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
