ADVERTISEMENT:

 

Slaggate op die Elim-pad is wyd, diep en lank en het reeds vir talle padgebruikers skade veroorsaak, nadat hulle daardeur moes ry.

Kontrakteur se slaggate veroorsaak skade aan voertuie

 

News  Date: 22 December 2006

 

Te midde van herstelwerk aan die Elim/Makhado (Louis Trichardt)-pad kla baie padgebruikers dat dié gewerkery skade aan hul voertuie veroorsaak.

Padgebruikers sê dat slote in die pad, wat deur kontrakteurs as deel van die herstelproses gegrawe word, nie toegemaak word nie en geen waarskuwingstekens aangebring word nie. Dit is ‘n kwessie van "as jy sien, is jy klaar deur die mensgemaakte slaggat". Op sommige plekke is die padoppervlakte vir die lengte van ‘n krieketblad uitgegrou. Dan is daar plekke waar die pad klaar herstel is, waar die oppervlakte reeds begin opbreek.

Die Zoutpansberger het verneem dat MACP Konstruksie, ‘n maatskappy van Tzaneen, vir die herstelwerk verantwoordelik is. By navraag wou mnr. Richard Ramatumba van die maatskappy nie kommentaar lewer oor die werkswyse van die maatskappy nie. Tog is hy meegedeel dat talle mense skade gelei het as gevolg van die slaggate. Hierop het mnr. Ramatumba padgebruikers wat skade gelei het as gevolg van slaggate op die pad versoek om met hul kantoor te skakel by tel. (015) 307 4005 en te vra vir Lerato.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines