

ADVERTISEMENT:

News Date: 24 September 2004
MAKHADO (LOUIS TRICHARDT) – Die polisie is tans op soek na leidrade na die dood van ‘n 33-jarige man in die middedorp vroeg Dinsdagoggend.
Die man se bebloede lyk is voor Louis Trichardt Drankwinkel in Burgerstraat gevind. Alhoewel die oorsaak van sy dood nie bekend is nie, is voorlopige aanduidings dat hy weens kopwonde gesterf het.
Die polisie het enige iemand met inligting versoek om na vore te kom. Diegene wat kan help kan vir s/insp. Z. Makananise skakel by tel. 072 194 0596 of die Makhado SAPD by tel. (015) 519 4300.
In ‘n ander voorval is ‘n 39-jarige man Maandagoggend dood in ‘n motorongeluk op die Thohoyandou-pad naby Baron Chickens. Die man is dood nadat die bestuurder van die voertuig waarin hy op reis was vanaf Thohoyandou na Makhado, beheer verloor het oor die voertuig. Die voertuig het omgeslaan. Die bestuurder, sowel as twee ander passasiers is ernstig beseer.
Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

ADVERTISEMENT:
