ADVERTISEMENT:

 

Duisende gebuit tydens KFC-roof

 

News  Date: 12 January 2007

 

Vier gewapende rowers het verlede Woensdagaand, 3 Januarie, by KFC op die hoek van Songozwi- en Groblerstraat ingestorm en oomblikke later met sowat R25 000 op die vlug geslaan.

Volgens kapt. Mashudu Malelo, ‘n polisiewoordvoerder van die Vhembe-streek, het die voorval omstreeks 23:00 plaasgevind. Die vier mans, met pistole gewapen, het die eienaar van dié bekende voedsel kettingwinkel oorrompel terwyl hy besig was om die winkel te sluit. Die eienaar is beveel om die sak geld aan hulle te oorhandig wat hy noodgedwonge eenvoudig moes doen. Die rowers het kort daarna in ‘n wit dubbelkajuit bakkie weggejaag.

Volgens kapt. Malelo was die roof goed beplan en het die mans die hele aand buite die winkel gewag vir die eienaar om te sluit. Hy het lede van die publiek versoek om na vore te kom met inligting wat dalk kan help om die skuldiges agter tralies te kry. Persone met inligting kan hul naaste polisiestasie skakel.

 

Written by

Riaan de Swardt

 

ADVERTISEMENT:

 

Recent Headlines